MILKY BAR YSKASTERT

tested
MILKY BAR YSKASTERT
Ek het die naweek 2 yskasterte gekombineer en die lekkerste tert ooit gemaak. Ongelukkig kan ek nie ‘n foto opsit nie want toe ek weer kyk, is die bak leeg!!!
Die resep is soos volg:
2 bakkies roomkaas
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 groot Milkybar sjokolade, gesmelt
Vars aarbeie vir sowat 1 uur geweek met strooisuiker (na smaak)
1 pk Eat Some More beskuitjies vir kors
80 – 100 ml gesmelte botter/margarien

Maak koekies fyn en meng met gesmelte botter.  Druk vas onder in bak en plaas in die yskas.
Klits roomkaas tot sag, voeg kondensmelk en suurlemoensap by en klits tot styf. Voeg gesmelte sjokolade by. Voeg by aarbeie (of enige ander vrug van jou keuse) en meng. Gooi in kors en sit in yskas vir ‘n paar uur.
Geniet!!

BRON: Adri Liebenberg
Foto’s:  Wilma Pretorius‎ en Rina Kleinhans