MARIE SE MAKLIKE POEDING


MARIE SE MAKLIKE POEDING
Koekies van jou keuse vir kors
1 pakkie jellie van jou keuse
1 blik kondensmelk
250ml room
Gebruik enige koekies van jou keuse, ek het eat sum more gebruik, pak onder in bak soos ‘n kors.
Maak 1 pakkie jellie van jou keuse aan met ‘n halwe koppie warm water, klits saam met 1 blikkie kondensmelk.
Laat stol vir n rukkie in yskas.
Klits room tot styf en skep oor die mengsel.
Opsioneel: gooi ‘n blikkie fruit cocktail sonder die sous bo oor
Foto en resep: Marie Rheeder Troskie
Martie Beukes
Ek maak so soort van jelly trifel met die gemengde vrugte en jelly. Die sous van die gemengde vrugte meng ek met n blikkie Ideal melk en 2 teel gelatine wat gespons is.
Ek maak 3 soorte jelly as dit gestol is sny ek dit in die bak in blokkies.
Gooi bv. die rooi met halwe blik vrugte onder,
groen in middel dan ander vrugte en n geel jelly bo.
Dan gooi ek die ideal melk mengsel bo op, skud my bak saggie sodat idealmelk deurloop tot onder en laat weer stol.
Bedien met vla van jou keuse.