MARELIZE SE KOFFIEKOEK


MARELIZE SE KOFFIEKOEK
4 eiers
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
4 eetlepels melk
4 eetlepels water
1 teelepel vanilla
1½ koppie koekmeel
1 eetlepel koffie
knypie sout.
2 teelepls bakpoeier ( Voeg laaste by)
Klits eiers en suiker tot romerig
Smelt botter in melk ,water en vanilla saam in pot, NIE KOOK NIE
Meng droe betanddele met eier en suiker mengsel en voeg dan die botter mengsel by
strooi bakpoeier oor, vou in.
bak in gesmeerde oondpan vir 15-20min teen 180°C.
SOUS:
¾ koppie suiker
1½ koppies water
2 eetlepels koffie
4 eetlepels brandewyn
Kook saam vir 3min en gooi oor koek sodra dit uit die oond kom. Laat koek goed afkoel.
VERSIERING:
1 pakkie Karamel Kitspoeding. Maak aan soos aanwysings op pakkie en smeer oor koek.
1 blikkie Caramel Treat
1 boksie Orley Whip room (altwee sakkies in boksie)
Klits room styf, vou Caramel Treat daarby in en smeer oor koek.
Geniet..
RESEP EN FOTO: Marelize Kotze
Marelize Kotze – Net n wenk: ek bak dit gewoonlik in ‘n oondpan. Het dit op hierdie foto vir die kerkbasaar in twee foelie tertbakke gedeel. Ek steek ook die koek met ‘n tandestokkie vol gaatjies voordat ek die sous oorgooi – dit help net dat die koek die sous beter absorbeer.