MAALVLEIS SLAAI OP TOAST

benhet se slaai
MAALVLEIS SLAAI OP TOAST

Ekke was nou regtig verbaas! Wow!! Ekke love hierdie konkoksie!!!!!!
Ekke het dit op ronde toast broodjies geskep en so het ons dit geeet!!!!!!!
N leka ete!! Koud of warm
Ek hou van dit koud!!!! Michael het sy roosterbrood met alles op warm gemaak en hy het daarvan gehou !!!!! 😉

Braai 1 x ui tot sag in bietjie olie
Voeg 500 g maalvleis bly en braai bruin
Voeg 1 teelepel sout en so bietjie aromat chillie sout in
Braai lekker!
Maak 1 koppie rys gaar.
Kook 3 eiers tot hard.
Meng nou die gaar rys, harde eiers wat fyn gesny is, en die maalvleis goed deur met n ¾ koppie baltang.
Rooster ‘n broodjie van jou keuse en sit die mengsel bo-op.
Sprinkel fyn gedrukte “chutney chips” oor!!!!!!!
Foto en resep:  Benhet Niewenhuis