MAALVLEIS EN RYS VARIASIE

Baconwrappedfrikkadel_gigiKebabsampioen_gigiRooikoolwrap_gigi
MAALVLEIS EN RYS VARIASIE

Vir al 3 geregte het ek ‘n basiese maalvleis en rys resep gebruik!
Basiese Maalvleis
1 Kg Bees maalvleis
2 eiers
1 groot fyngesnyde uie
Vars pietersielie opgekap
Lays Sout en Asyn Chips
2 eetlepels tamamtiesous
1 eetlepel Wostersous
1 teelepel vars knoffel
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 teelepels koljander
half teelepel Rooipeper
half teelepel kaneel
half teelepel gedroogde rooi rissie
half teelepel naeltjies
Sout en peper en Aromat
Kook olie Maak pak chips fyn gebruik 3/4 van chips en meng al die bestanddele goed deur.
Hou res van chips eenkant!
Basiese rys 1 en half koppie rys gekook in beefstock
Braai 1 groot gesnipperde ui saam met bossie pietersielie tot sag en voeg gaar rys by geur met sout en peper na smaak!

1. Bacon wrapped frikkadel
My eie ekstra bestanddeel is Bacon.
Maak golfbal groot balletjies met maalvleis mengsel, rol in orige chips en draai reep bacon om en steek vas met tandestokkie!
Bak in oond teen 180 c vir omtrent 30 minute. Sny ekstra repies bacon en braai tot brosbruin in olie, voeg half koppie rysmengsel by en braai vinnig deur.
Bedien die baconfikkadelle op rys met sweet chillie sous.

2. Maalvleis Kebab met sampioene
My eie ekstra bestanddeel is Sampioene.
Maak balletjies van maalvleis mengsel, rol in chips . Geur knopiesampioene met biejtie olie en balsamic asyn, ryg dan sampioene en maalvleisballetjies op sosatiestokkie,
bak in oond vir 30 minute op 180! Snipper ekstra sampioene en braai tot sag in bietjie kookolie en aromat en sout en peper ,
voeg half koppie rysmengsel by en meng goed. Bedien kebab op sampioenrys mengsel en graneer.

3. Rooikool pakkies
My eie ekstra bestanddeel rooikool.
Kook heel koolblare tot sag en spoel goed, maak bolletjies van maalvleismengsel en rol toe in koolblare . Stoom die rooikool pakkies vir 30 minute. Braai ekstra gesnipperde rooikool in kookolie tot sag en meng half koppie rysmengsel by.
Bedien koolpakkies op gegeurde rys!

Resep en foto’s:  GIGI ROBINSON