MAAK JOU EIE FETA KAAS

feta kaas sonja
MAAK JOU EIE FETA KAAS
Kook 5 liter melk tot 68 ºC. Sit dan pot in yswater om af te koel tot 32ºC. Ek het my pot in wasbak gelos en ys in die water gegooi om vinnig af te koel. Jy moet die temperatuur op 32 ºC hou. As die water kouer word voeg kookwater by.

Wanneer die melk 32 ºC is gooi jy 3 korrels suurselkultuur in melk en roer goed deur. Los vir 30 minute sonder om te roer.
Gooi 1 ml Calcium Chloride by en roer weer deur. Los weer vir 30 minute.
Gooi nou die 1,25 ml Rennien in melk , roer deur en laat staan vir 90 minute sodat dit kan stol. Toets temperatuur gedurig, dit moet op 32 ºC bly.
Wanneer gestol sny dit met lang mes in 20mm vierkantige stukkies. Jy sal sien die wei skei van die wrongel. Roer dit nou deur sodat dit lekker fyn is en laat staan vir 40 minute. Skep dan die wei af soveel moontlik.
Roer weer deur en voeg die speserye by wat jy wil bysit. Ek het swart peper korrels by gesit. Laat staan weer 20 minute. Skep wei weer af en los vir nog 20 minute. Skep dan in 75 mm pvc pyp wat vol gaaitjies geboor is. Sit kaasdoek onder sodat wei kan uitloop en deur die gaaitjies ook. Draai dit na 4 ure om en laat vir 24 uur so staan.
Resep en foto:  Sonja Greyling