MAAK JOU EIE BILTONG
5 kg vleis
100 g sout
45 g suiker (bruinsuiker)
4 g koeksoda
2.5 ml swartpeppr korrels
20 g koljander
1 koppie asyn (bruin asyn)
¼ koppie worstershiresous
1 eetlepel soyasous
Skroei koljander in oop pan tot bruin maal fyn, maal swart perer korrels fyn meng by sout, suiker en koeksoda. Meng als goed deur. Meng vloeistowwe in ander bak. Strooi spesery mengsel op een laag gepakte repe vleis. sprinkle nou asyn mengsel oor. pak volgende laag en hou so aan totdat vleis klaar is. Laat le deurnag draai elke nou en dan om en hang om te droog. Die resep is Sannie Smit sn uit Suid afrikaanse volkleur kookboek. Sy sprinkle egter geen asynmengesel oor nie maar laat haar vleis net so in die speserye le tot volgende dag en dan trek sy dit net deur lou asynwater en hang. Ek verkies om my speserye baie fyn te maak en asyn dadelik te sprinkle en dan word niks weggewas na die tyd nie.
Resep: Brunhilda Venter

