MA ALET SE SJOKOLADE- WORTELKOEK

Tjoklit Wortelkoek

MA ALET SE SJOKOLADE- WORTELKOEK
150 gram okkerneute of pekaneute (grof gekap)
150 gram botter
150 gram (200 ml) bruinsuiker
75 gram (1/3 koppie) strooisuiker
3 eiers
8 ml vanielje
425 ml bruismeel
200 ml koekmeel
62,5 ml kakao
5 ml koeksoda
45 ml melk
5 middelslag wortles grof gerasper
150 gram kooksjokolade gekap

Versiersel:
75 gram gladde maaskaas
475 ml versiersuike
5 ml suurlemoensap
Klits saam tot glad

Berei 2 laagkoekpanne (of 1 groot ringpan)

Klits suiker en botter tot lig
Klits eiers (een vir een) by
Voeg vanieljegeursel by
Sif die doe bestanddele saam en voeg beurtelings met melk by eiermengsel
Voeg wortles by mengsel
Voeg sjokolade en neute by
Skep beslag in panne
Bak by 160ยบ C vir 50 minute of tot ferm
Laat in panne afkoel
Smeer versiersel tussen die lae en bo-op die koek

Foto: Louise Venter