KITSPOEDING KOEKIES


KITSPOEDING KOEKIES
400 g/500ml suiker
250 g botter of margarien
2 ekstra groot eiers
500 g bruismeel
1 pakkie (90 g) kitspoeding (enige geur)
Verhit die oond 180ºC. Smeer bakplate. Verroom die suiker en botter of margarien saam en klop daarna die eiers een-een daarby in. Sif die meel en poedingpoeier saam oor die eiermengsel en meng dit tot deeg. Rol die deeg bolletjies van sowat 5ml deeg elk en plaas hulle uitmekaar op die bakplate.
Bak die koekies 15 minute lank of totdat hulle begin verbruin.
Geplaas deur Carin Ras Wilson
Foto:  Elrika Lesch