KERRIE-PIESANGS



KERRIE-PIESANGS
2 gekapte uie
25 ml margarien
12,5 ml kerrie
1 suur appel, geskil en grof gerasper
12,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml asyn
1 ml sout
250 ml water
4 piesangs
Braai uie in margarien tot bruin. Roer die kerriepoeier by en braai vir n rukkie.
Voeg die res van die bestanddele by behalwe die piesangs.
Maak die kastrol toe en laat stowe saggies vir omtrent 10 min.
Sny die piesangs in skywe en gooi in sous. Stowe weer saggies vir 10 min.
Dit heerlik saam met braaivleis of gebakte vis.
BRON: Mariana Cassie Carosini