KERRIE MARINADE VIR SKAAPTJOPS

KERRIE MARINADE VIR SKAAPTJOPS
Resep: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
Kan ook hoender hiermee marineer.
1 ui, in skyfies gesny
15 ml olie
100 ml suiker
10 ml sout
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
125 ml asyn
125 ml water

Braai die ui in die olie tot sag en ligbruin.
Voeg die suiker by en braai vir nog ‘n minuut of twee.
Voeg die sout en speserye by, braai vir nog ‘n minuut en voeg dan die asyn en water by.
Kook vir twee minute.
Laat eenkant om af te koel.
Giet die marinade oor jou vleis en marineer vir 2 – 4 ure.