GLUTENVRYE MELKTERT

milktarttested
GLUTENVRYE MELKTERT
(genoeg vir 1 ronde melktert soos op foto)
500 ml melk
1 eetlepel glytenvrye meel
1 eetlepel mielieblom
½ koppie suiker
2 eiers geskei
1 eetlepel botter
1 teelepel vanilla geursel
Knypie sout
Kook helfte melk en suiker saam. Maak dun pasta van die res van die melk, meel, mielieblom, suiker, eiergele, sout en vanilla.
Voeg die mengsel by die kokende melk terwyl jy heeltyd roer. Roer tot dik.
Haal van die stoofplaat af. Klits eierwitte styf en vou liggies in by melkmengsel met ‘n lepel
Skep in kors, sprinkel kaneel en verkoel.

Kors
1 koppie glutenvrye meel
½ koppie buckweat flour
1/3 koppie klapper
1 eetlepele suiker
½ koppie gesmelte botter

Meng alles saam druk in gespuite bak en bak vir 30 min by 180ºC.
Laat afkoel en geniet.
Vulsel resep van my ma. Kors myne
Resep en foto: Brunhilda Venter