GEMENGDE MOSTERDPIEKELS (PICCALILLY)

 

GEMENGDE MOSTERDPIEKELS (PICCALILLY)
1.5 liter groente sonder die soet rissies
250 ml  komkommers, in stukkies van 2 duim gesny
250 ml groot komkommer skywe
250 ml klein uitjies
250 ml jong groenboontjies in stukkies van 1 duim gesny
250 ml klein groen tamaties
250 ml blomkool
2 soet rooirissies, fyn gesny
2 soet groenrissies fyn gesny
¾ koppie suiker
3 eetlepels mosterd poeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels koekmeel
1 teelepel selderysout
3 koppies asyn

Week die bereide groente 24 uur lank in ‘n soutoplossing (1 koppie sout op 3.5 liter water)
Dreineer die pekel af en spoel die groente met vars koue water af.
Meng gelyke dele asyn en water en bedek die groente daarmee in ‘n porselein of erdebak. Laat dit 2 uur lank staan.
Dreineer die water en asynmengsel in ‘n pot en verhit tot dit kook.
Dompel die groente daarin en kook dit 3 minute lank.
Meng al die droë bestanddele en voeg 3 koppies warm asyn daarby.
Roer dit oor stadige hitte tot dit dik is.
Dreineer die groente baie goed en gooi die water asyn mengsel weg.
Giet die warm mostersous oor en kook dit 5 minute lank baie stadig.
Pak die groente in skoon droë warm bottels met die mosterdsous.
Verseël hulle terwyl dit warm is.
Hoef nie in die yskas te wees nie, behalwe as oopgemaak.

Baie lekkerder as die gekoopte, en goedkoper ook. Jammer dis ‘n 1965 kook en geniet, die gewigte is in pinte en ponde. Ek maak gewoonlik net hoeveelhede uit my kop
2 de Foto en aangepas deur Sharon  Gien-Cambier
Foto”s:  Rina Kleinhans en Irene Minnaar – Min of meer dieselfde resep. Myne kry 200 ml appelkooskonfyt by en geen selderysout nie