GEBAKTE JELLIEPOEDING

jelliepoeding opgeskepjelliepoeding 1tested

GEBAKTE JELLIEPOEDING

Dié resep van Ronel Blanche is meer as 45 jaar oud en een van die gunstelinge wat haar ma – winter of somer – vir Sondagmiddagete gemaak het.

Vir 4-6
Vir die sous
¼ koppie suiker
1 pakkie jellie
2 eetlepels botter
1 ½ koppie kookwater

Vir die beslag
1 eetlepel botter
2 eiers, geklits
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel melk
2 eetlepels suiker
5 eetlepels koekmeel

Só maak jy:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak eers die sous deur al die bestanddele te meng totdat die jellie opgelos het. Gooi dit in ’n oondbak (20cm X 20cm).
Meng al die bestanddele vir die beslag goed saam. Skep dit bo-op die sous, maar moenie dit roer nie.
Bak dit vir ongeveer 30 minute totdat die deeg bruin bo-op en gaar is en ’n sous onderin die bak gevorm het.

Nota: indien jou sous nog te dun is na die bakyd, maak om toe met foil en bak hom ‘n verder 10 min

Wenk:
Skep die poeding soos koekstruif in glase, met lagies klaargemaakte vla tussen-in. Laat dit in die yskas afkoel, en sit dan voor.

Resep deur Ronel Blanche
Foto:  Rina Kleinhans