GEBAKTE GESTOPTE HEEL KOOL

1000344_10152605905934460_1493580285_n
Maak lekker diep snye in die koolkop soos op die foto hieronder

Ek het plaasbotter met knoffel, roomkaas en cheddar gemeng en gegeur en saam met bacon in die snye gesmeer. Bacon bo-op gesit. Lekker swartpeper oor gemaal en in die oond in foelie gebak. Ek het dit in my gasstoof op 375 grade vir so ‘n uur gebak. Dit was baba kool wat ek in die oggend gepluk het. ‘n Groot kool gaan seer sekerlik langer vat. Moet dit net nie te lank bak nie, want hy moet nog lekker bros wees.
Heerlik verby.

kool1 kool2 kool3 kool4 kool5