FLORENTYNSE HOENDERBORSIES

Florentynstested

FLORENTYNSE HOENDERBORSIES
6 Vellose ontbeende hoenderborsies
30 ml sonneblomolie
15 ml suurlemoensap
5 ml sout Vars gemaalde swartpeper
30ml gekapte pietersielie
100 ml koekmeelblom om mee te bedek (ek het n bietjie meer gebruik)
1-2 eiers effens geklits
Kookolie om in gaar te maak

Kap die hoenderborsies met n vleishamer om ‘n netjiese plat vorm te verkry ongeveer 1.5cm dik.
Meng die olie, suurlemoensap,sout, peper en pietersielie, en bedek die hoender daarmee.
Marineer vir minstens 2 tot 24 uur (myne was vir 3 uur gemarineer) in yskas. Draai af en toe om.
Gooi genoeg olie in n vlak swaarboompan om die bodem met n dun lagie te bedek, verhit tot medium hitte.
Bedek die gemarineerde hoender goed met meel en doop die borsies effens in die lig geklitste eier (daar moet nog heelwat marinade aan die hoender wees.)
Braai die hoender ongeveer 5 min aan elke kant tot goudbruin en bros en gaar, maar nie droog nie.
Lekker saam met n kaas sous of peperonata (soetrissieslaai)
Foto: Sophia Pohl