DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD

3 best piesangbroodtested

DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD
500 ml bruismeel
1 blikkie kondensmelk
6 groot piesangs, fyngedruk

Meng al die bestanddele deeglik.
Skep in jou broodpan/panne.
Laat rys vir 20 minute, moenie hierdie deel uitlaat nie.
Bak dan in voorverhitte oond van 180°C vir 25-30 minute. (tot toetspen skoon uit kom)

WENK:
Ek het so handvol gekapte neute ook bygesit, jy kan selfs die gekapte grondboontjies byvoeg.

Geniet!

Resep: Sharon Pretorius
Foto:  Trudie Steenberg Cornelius en Bianca Bachfischer