DEEGSKULPE


DEEGSKULPE
1 ½ koppie koekmeel
½ koppie Maizena
3 eetlepels growwe mieliemeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel uiesout
1 teelepel fondor
1 teelepel sout
3 eetlepels botter
½ koppie water

Sif droë bestanddele.
Frummel botter in.
Meng met water tot stywe deeg.
Maak balletjies en rol papierdun uit. (nie te groot nie)
Gooi in warm olie.
Druk steel van houtlepel in middel en bak tot gaar.
Die deeg sal om die houtlepel “skulp”.
Dreineer op bakpapier. Bedien vis of iets dergeliks op dit as voorgereg.

Geniet dit………xxxx

Foto en resep:  Heather Strumpher