BUURVROU SE INGELEGDE BEET (heerlik)
BUURVROU SE INGELEGDE BEET (heerlik)
12 medium beet
Kook beet tot sag en laat afkoel en haal die velle af
STROOP
1½ koppies suiker op 1 koppie asyn vir elke koppie asyn, sit 3 naeltjies in en kook .
Sny beet in skywe en pak in gesteriliseerde bottels.
Gietwarm stroop op beet tot bottel vol is.
Baie lekker ne buurvrou – Ja buurvrou die beet is uit die boeke!!
Resep en foto: Isabel Lindes
Esbe Mostert
Ek lê gereeld klein beetjies in, maar grotes kan ook gebruik word.
3 koppies water
2 koppies bruin druiwe-asyn
1 koppie suiker
Kook beet sag en sny soos verkies. Kook die stroop, pak die beet in bottels en giet die stroop oor tot die bottels heel vol is, draai dadelik toe en laat afkoel.
So maklik soos dit en dis heerlik hoor as jy van die beet hou soos “van sy ma af”.
2de foto: Johan Westenberg – Het vanmiddag weer beet ingelê. Die keer het ek bietjie uie by gesit.
Het die uie so n bietjie saam met die asyn mengsel gekook.


