BIRDS NEST

birds nests
BIRDS NEST
maalvleis
eier
aartappelskyfies
Basmati rys
spagetti
ui
gedroogte roosmaryn
gemengde speserye
origanum
gerookte paprika
braai speserye
tamatie pasta

Karameliseer die uie in sonneblom olie.
Meng die gekarameliseerde uie, maalvleis, eier, gaar Basmati rys en droë speserye in ‘n mengbak saam (sommer met jou hande).
Skep met ‘n roomys lepel (om die maalvleis balletjies almal ewe groot te kry) uit en rol klein balletjies.
Plaas in ‘n gesmeerde oond vaste bak.
Gooi 1 koppie kookwater bo-oor.
Sprinkel fyn gedrukte Chedderkaas Aartappelskyfies oor.
Plaas in ‘n voorverhitte oond teen 200°C (tot bruin bo of tot regdeur gaar) ongeveer so uur-uur en ‘n half.

Spagetti met tamatie pasta sous.

Kook spagetti tot sag, maar steeds ferm in die middel.
Spoel af en voeg tamatie pasta, origanum/gemengde speserye of roosmaryn (of al drie) by die pasta (meng met jou hande).
Plaas terug op die stoof plaat, voeg halwe koppie kookwater by en prut tot regdeur warm en pasta sag is.

Bedien warm met ‘n groenslaai en klein broodrolletjie – of selfs net so is baie lekker en vullend / komplimente “all round” gekry. Jippeeee.

RESEP EN FOTO: Minouise van der Merwe