“BABY MARROW” SOUFLE


“BABY MARROW” SOUFLE
Mens moet maar die resep aanpas vir die hoeveelheid mense.
Hierdie is genoeg vir 4 mense. As jy dit nie in die klein brood pannetjies wil bak nie, kan dit in ramekins gebak word, dan het jy sommer ‘n lekker porsie per persoon.
4 – 5 groterige “baby marrows”, gerasper
1 groot wortel, gerasper
1 prei, ongeveer 10 cm of na smaak, gerasper
2 eiers, goed geklits
50 ml melk
60 ml koekmeel (¼ koppie)
1 eetlepel bruinsuiker
½ teelepel bakpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
½ teelepel Ina Paarman vergetable seasoning
gerasperde kaas vir bo-oor
Meng gerasperde groente met die meel, bakpoeier en suiker.
Klits eier en melk saam en meng by groente in.
Gooi sout/peper en kruie by en proe vir smaak, pas aan indien nodig.
Skep in klein broodpannetjies of ramekins, strooi bietjie kaas bo-oor.
Bak by 180°C vir ongeveer 20 min of tot gaar.
Keer uit en bedien saam met enige warm ete of steak.
Resep en foto: Rina Kleinhans