APPEL EN VLA GEBAK

Appel en vla gebak - sharon
APPEL EN VLA GEBAK
1 Puff pastry ( dunner uitgerol )
2 medium appels ( in twister fyn gemaak )
Ultramel vla
30 ml suiker
kaneel

Druk sirkels  uit die puff pastry en sit in gespuite muffin pannetjie, skep Ultramel in die doppie, en dan fyngemaakte appels gemeng met suiker en kaneel bo-op die Ultramel.
Gebak teen 180 ÂșC vir 45 min. Ek het die hele tertjie laat afkoel en weer bietjie Ultramel bo-op gesit met weer ‘n sprinkel kaneel.
Het een geproe en baie lekker!

Resep: Sharon Viljoen