AMPER Déjà VU HOENDERPASTEI

hoenner pastei
AMPER Déjà VU HOENDERPASTEI
1 x hoender
Vars Kruie – i.e. roosmaryn en tiemie
hoenderaftreksel
1 x 500 ml gewone jogurt
‘n pakkie droë wit uie soppoeier
1 koppie gestoomde/gekookte ertjies
1 x pakkie sampioene en 1 x uie – bruin gebraai in ‘n pan (saammet ‘n teelepel knoffel)
Sout en peper
1 x glas wit wyn
1 x pakkie “puff pastry”
1 x geklitste eier

Kook die hoender, kruie en hoender aftreksel saam op ‘n lae hitte vir ongeveer 2 ure.
Laat die hoender heeltemal afkoel en ontbeen dan die hoender (dis baie meer ekonomies, indien tyd ‘n faktor is, gebruik die hoenderborsies – omtrent 8 groot borsies sal genoeg wees)
Skakel die oond aan op 180°C
Rol die puff pastry uit en plaas op die bodem van ‘n gesmeerde oond vaste bak.
Plaas jou hoender in die bak bo-op die puff pastry.
Meng die jogurt, soppoeier, ertjies, sampioene, uie en glas wyn saam.
Giet die mengsel oor die hoender.
Bedek met uitgerolde pastry.
Smeer met ‘n kwassie die geklitse eier bo-op die pastry.
Bak vir 35 – 40 minute (totdat die korsie lekker bruin is).
Laat dit staan vir 5 minute voordat dit gesny word