VRA NA MEER HOENDER


VRA NA MEER HOENDER
6 Hoender dytjies of boudjies
1 koppie mayonnaise
1 koppie chutney
1 pakkie bruin uiesop poeier
1 koppie warm water.

Plaas hoender in oondvaste bak en geur met sout en peper
Maak uiesop poeier aan met water
Meng die chutney, mayonnaise en uiesop
Giet oor hoender en bak toe in oond 180 º Celsius een en n half uur.
Maak oop en laat halfuur bruin bak.

Maklik vinnig en HEERLIK 😀
Resep en foto: Santie Hain

Nota:  Die sous is regtig baie, mens kan net die helfte aanmaak indien verkies . Dit is genoeg vir 10 boude en 10 dye

Elsabie Templeton:
Ek het die koppie blatjang met ‘n halwe koppie Jelapĕno blatjang en ‘n halwe koppie prego sous vervang.Foto: Elsabie Templeton