SJOKOLADE KOPPIE POEDING
SJOKOLADE KOPPIE POEDING
Maak: 2 koppies
Bereidingstyd: 3 min.
2 koppies (200 ml elk) uitgesmeer met botter of olie.
Beslag:
100 ml suiker
100 ml koekmeel
75 ml melk
75 ml olie/botter
50 ml kakao
1 eier
2 druppels Vanilla of Caramelgeursel
Knippie sout
Opsioneel:
75 ml Choc-chips of een fyngemaakte piesang
Versiersel:
100 ml drinksjokoladepoeier of kakao en suiker
100 ml water
5 ml Maizena
Klop die eier, sout en suiker saam.
Meng die melk en olie in ‘n ander bak saam.
Meng die eier-suikermengsel saam met die olie-melkmengsel en vou die koekmeel en kakao met ‘n vurk in.
Deel beslag in die koppies.
Plaas in mikrogolfoond en bak vir 3 min. op hoog. Moenie die bakproses onderbreek nie. Laat staan vir ‘n minuut en haal dan uit.
Versiersel:
Meng sjokoladepoeier, water en Maizena saam en kook vir 20 sekondes op hoog, roer, en kook weer vir 20 sekondes.
Gooi die versiersel bo-oor die koek in die koppie.
Die koek kan ook uitgedop word in ‘n kleinbordjie en so opgedien word met die versiersel bo-oor. Roomys kan bybedien word.
Resep en foto: HEIDI ROWE

