SJOKOLADE BALLETJIES My ouma-grootjie se resep. 100 ml versiersuiker 100 ml kakao 1 pak Marie beskuitjies fyn gerol 125 g margarien 125 ml appelkooskonfyt 5 ml vanilla of likeur 125 ml klapper
Sif versiersuiker en kakao saam en voeg die koekies by. Smelt margarien, konfyt en geursel saam.Voeg droë bestanddele in by die mengsel en meng goed. Vorm balletjies en rol in klapper.
Resep:- Naudèa Visser