RENE SE VETKOEK


RENE SE VETKOEK
Ek bak dié vetkoek al baie lank. Dit is lekker hol en die kinders sny net ‘n gleufie in die kant en skep die “pocket” vol vleis.
Hoop dit werk vir jou. My truuk is dat ek net 1 vetkoek op ‘n slag bak en dan die warm olie bo-oor skep todat die bokant lekker vet is…draai om wanneer dit mooi opgepof het.
Ek bak potbrood, brood en broodrolletjies met die deeg.
7 koppies koekmeel
1 groen pakkie (10 g) droë gis
3 eetlepels suiker
1 eetlepel sout
3 eetlepels kookolie
± 2 koppies warm (nie kook) water
Meng al die bestanddele behalwe die water.
Voeg water stelselmatig by.
Knie totdat die meel nie meer aan jou hande vasklou nie.
(gebruik bietjie droë meel om net die deeg van jou hande af te frummel).
Maak die deeg in ‘n bol en smeer olie bo-oor.
Bedek die skottel met plastiek. Maak warm toe met kombers.
Laat dit staan en rys vir omtrent 2 ure in ‘n warm plek. Die deeg sal vedubbel.
Ek maak bolletjies en druk dié plat. Bedek weer met (geoliede) plastiek en laat dit rys terwyl die olie opwarm.
Plaas in olie en bak.
GENIET!!!
Elize.
FOTO- Madeleine Walter Bester