PYNAPPEL MAASKAASTERT

PYNAPPEL MAASKAASTERT
Ek het jare gelede saam met ‘n ou gewerk wat hierdie tert eenslag gemaak het. Mense dit is heerlik!
EERSTE LAAG:
1 rolkoek (Swiss Roll)
1 blik kondensmelk
1 houer room maaskaas
⅓ koppie suurlemoensap
Meng alles saam.
TWEEDE LAAG:
1 x 410 g fyn pynappel (of vrugte van jou keuse)
1 koppie suiker
Kook saam en laat afkoel.
Meng 2 teelepels gelatien, opgelos in 50 ml water by die afgekoelde pynappelmengsel.
VERSIERSEL
250 ml vars room
Sny rolkoek en pak onder in ‘n bak.
Skep kondensmelkmengsel bo-oor en laat stol.
Skep nou die pynappel mengsel bo-oor en sit in die yskas.
Sodra alles lekker gestol is, versier met styf geklitste room.
RESEP: Rona Swart