PYNAPPEL-KERRIE VIR VLEIS


PYNAPPEL-KERRIE VIR VLEIS
BRON: Santie Breyl
FOOD LOVERS RECIPES
Mens kan hierdie resep gebruik vir hoenderstukke, varktjops en taai steak. Jy sit in die oond en vergeet daarvan. Maak dit net ten minste so uur of twee voor jy dit wil bedien.
2 groot uie, grof gekap
½ koppie water (kan nog klein bietjie byvoeg as jy voel die sous is te dik)
1 blikke pynappelstukke met sous
½ blikkie tamatiepasta of 1 pakkie tamatiepasta
3 eetlepels druiwe asyn
2 eetlepels sojasous
1½ eetlepels bruinsuiker
1 eetlepel Rajah kerriepoeier (mild and spicy)
sout en peper

Voorverhit oond tot 160 ºC.
Pak die vleis in ‘n bakskottel.
Braai uie tot mooi goudbruin.
Voeg al die ander bestanddele by en prut vir so 5 minute.
Sit foelie oor en stoom gaar.
Net voor opdiening kan jy die vleis onder die grill sit dat dit net mooi bruin braai.