PAPRIKA VARK EN BONE POT
PAPRIKA VARK EN BONE POT
Week oornag:
½ pakkie klein wit boontjies
½ pakkie spikkel droë boontjies
Braai in stioompot:
2 groot uie, gekerf
1 pakkie “bacon bits”
Voeg by:
± 1 kg varkvleis, in blokkies gesny (ek het varkrib gebruik)
2 lourierblare
2 teelepels hot smoked paprika
1 teelepel sweet paprika
Voeg later by:
1 blikkie gekapte tamaties
1 chorizo wors, geskil en in skyfies gesny
sout en peper na smaak
Plaas alles in stoompot met genoeg water om boontjies net toe te maak. Stoom tot sag.
Voeg die tamaties en chorizo wors by.
Sout en peper na smaak en prut alles tot geure gemeng het en jy ‘n lekker dik bredie het.
Bedien saam met rys of vars brood en groen slaai.
Nota:
Die dis smaak natuurlik die volgende dag nog beter!
Resep en foto: Alida Siebert

