OUVROU ONDER DIE KOMBERS

2013-07-02-ouvrouonderdiekomberstested

OUVROU ONDER DIE KOMBERS
Meng die volgende saam:
maalvleis
1 eier
sout en peper na smaak
1 fyn gekapte ui
1 sny brood fyngemaak
blatjang
goeie skeut worstersous of wat ookal jou smaakkeuse is
Ekstra:
koolkop of twee
1 koppie kookwater
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 eetlepel suiker
BBQ spice of braai-spice

Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af. Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry. Sny die harde draad uit en elke koolstuk om om die frikadeletjie pas. Week in kookwater om hanteerbaar te maak.
Gebruik ‘n geskikte oondpan, liggies met olie gesmeer. Rol vleis in bolle en maak toe in die koolblare (sien foto), ek hou bietjie vleis vir oorstrooi eenkant. Pak die koolbolle in die pan.
Giet ongeveer 1 koppie kookwater onder in die pan, dit word jou sousie.
Skep ‘n blik tamatie/ui smoor egalig oor koolvleis.
Sprinkel die suiker egalig oor. Sprinkel bietjie BBQ spice of braai-spice oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie woestersous. Bedek met deksel of foelie. Plaas in vooraf verhitte oond.
Ek sit myne vir eerste 15 min op 200 ºC en oorblywende 40 min by 180ºC. Hou vloeistof dop.
Sous is lekker saam kos. Bedien op rys.
Hoeveelhede is na gelang van gesingrootte. Frikadelle grootte van ‘n eier.

Resep en foto:- Daleen Terblanche