MEXIKAANSE DISSE
MEXIKAANSE DISSE
Hoendervlerkies
1 Pakkie Chili Bite Mix
Kook hoendervlerkies vir 5 min in soutwater
Laat effens afkoel en skud in Chili bite mengsel
Diepbraai tot goudbruin
Refried Beans
Blikkie Bone in Tamatiesous
1 ui, fyngekap
Vars tiemie takkie
Lourier blaar
1 rooi brandrissie, pitte verwder en fyn gekap
3 eetlepels Olyfolie
2 teelepels fyn komyn
85 g cheddar gerasper
Verhit olie in swaarboompad en braai 10 min
Voeg komyn by en braai 2 min en roer
Voeg bone, lourierblaar en tiemietakkie by en prut tot dik
Voeg kaas by en roer
Guacamole
2 ryp avos, geskil en fyngemaak
1 tamatie, fyn gekap
2 eetlepels fyn koljanderblare
1 eetlepe grasui, fyn gekap
1/2 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
Sap van 1/2 suurlemoen
1 teelepel sout
Meng alles saam
Salsa
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 rooi soetrissie in klein blokkies
1 huisie knoffel, fyn gesny
1 – 2 fyngekapte gebottelde jalapeno rissie
4 grasuie, fyn gekap
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel fyngekapte koljanderblare
Sout
Meng alles goed saam
Doen alle voorbereidings en bak Enchilladas net voor opdiening, diepbraai hoendervlerkies en braai Quesadillas…
Skep ook suurroom in ‘n bakkie om saam te bedien
Hoop julle geniet dit !!!
ELSA VAN ASTWERPEN KLEINHANS

