MARIE BESKUITJIE FUDGE

marie beskuitjie fudgetested
MARIE BESKUITJIE FUDGE

1 pak (200 g) Marie beskuitjies (of enige ander lekker beskuitjies wat min of meer dieselfde is)
250 g margarien of botter
1 pak (500 g) versiersuiker, gesif
75 ml kakao, gesif
1 eier
Rol die beskuitjies met ‘n rolstok tot taamlik fyn, maar nie heeltemal fyn nie.Smelt die margarien in ‘n groot kastrol oor matige hitte en roer die versiersuiker en kakao by. Roer tot glad. Klop die eier vinnig by.
Haal mengsel van die stoof af en roer die gekrummelde beskuitjies by. Skep in ‘n gesmeerde of met Spray ‘n Cook gespuite bak en laat afkoel. Sny in blokkies en bere in yskas.

Resep:  Carol Elliott Claassen
Foto: Marie Fourie
Nota: Riaan Du Plessis
Ek het hierdie resep lank terug op skool gekry by ‘n Engels juffrou, eerste keer wat ek sien nog iemand maak dit! Marie Fourie ek voeg 1 ding extra by wat jy gerus moet probeer, dis heerlik. Voeg een gewone pakkie marsmallows by en roer dit in voor jy dit in die glasbak uitgooi, die marsmallows smelt so helfte en meng met alles, dis baie lekker en dit breek ook effens die soet. Heerlik!