MARIANNE SE APPELJELLIE
Was jou appels af en sy in halwe of kwartes. Sit in groot pot en bedek met koue water en laat kook. Moet onder geen omstandighede aan dit roer nie maak net seker dat die water die appel soort van bedek. Kook vir n uur en half. Gooi deur n moeselien doen om die sap op te vang .
Gooi appels weg en die sap gooi jy terug in n skoon pot en meet dit af hoeveel koppies sap jy het. Vir elke koppie sap gebruik ek n halwe koppie suiker en dan laat jy dit kook soos jy konfyt sal kook. toets so na n uur deur n bietjie op n piering te sit en te kyk hoe styf dit is. Steriliseer jou botteltjies en vul hulle en draai lekker styf toe.
Tips. As jy aan die appels gaan roer sal jou jelly “cloudy ” wees.Ek gebruik enige appels wat goedkoop is maar maak seker ek het rooi en groen appels. Ek gooi ook n baie klein bietjie rooi voedsel kleursel by. Onthou kook jou appels met skille pitte – dit het die pektien in
RESEP EN FOTO: Marianne Jacoby.
2DE FOTO: Jolandi Greyling