MANGO ROOMYS

tested
MANGO ROOMYS
( Maak dit aand voor die tyd)
250 ml gewone jogurt
200 ml mangosapkonsentraat
1 blikkie kondensmelk
1½ houertjie vars room, styf geklop
vars mangoskywe vir garnering
plastiekbak met deksel vir vries (ou roomysbak werk lekker)

Plaas die kondensmelk in ‘n mengbak
Voeg die sapkonsentraat en jogurt by en meng baie goed deur
Vou die geklopte room in
Giet die mengsel in die diep plastiekbak, maak toe met die deksel
Vries oornag
Skep bolletjies roomys uit in lang glas en garneer met vars mangoskywe!!!

Resep: Joey Badenhorst Lotter