LIZ SE SOUTTERT

SOUTTERT LIZtested

LIZ SE SOUTTERT
6 viennas opgesny
1 pak spek op gesny
1 blikkie boelie bief fyn gemaak
1 ui opgekap
½ groen soetrissie op gekap
½ pak sampioene
6 gekookte eiers opgesny
1 koppie kaas
sout, pepper en gemengde kruie

Meng alles goed saam en skep in ‘n voorbereide oondbak.
Klits dan so 5/6 eiers saam met bietjie melk, giet oor die vulsel. Maak seker alles is lekker in gemeng en bak in oond op 180 ºC tot gaar

Resep en foto: Liz Kitching