

LIPLEKKER MIKROGOLF FUDGE
(maak sowat 36 lippe-aflek-stukkies)
125 g botter, gesmelt
2 koppies strooisuiker
1 blik kondensmelk (397g)
1 teelepel vanilla-ekstrak
Meng botter en strooisuiker in mikrogolfbak. Voeg kondensmelk by sonder om te roer. Mikrogolf 10 minute op hoog (stop elke een minuut om te roer – jy begin dus eers na een minuut se mikrogolfhitte roer en herhaal die proses 10 keer of totdat dit goudbruin is. Laat effens afkoel en klop met houtlepel totdat die fudge begin ferm word. Skep uit in ‘n vierkantige bak wat met waspapier uitgevoer is en laat stol voordat jy dit in happies sny.
Gebruik ‘n baie groot, diep bak om te voorkom dat dit oorkook in mikrogolf. Hou goed dop! Ek het die resep vorige week gemaak.
Dis heerlik!
Marieta Matthews