LEMOENKOEK MET STYL
Voorverhit oond tot 180°C.
180 g botter
375 ml strooisuiker
40 ml gerasperde lemoenskil
4 groot eiers
125 ml natuurlike yoghurt
60 ml vars lemoensap
30 ml lemmetjiesap
500 ml bruismeel
3 ml koeksoda
3 ml sout
halwe botteltjie geel kleursel
Room botter en suiker goed, klits eiers tot lig en voeg by asook skil, meng koeksoda in joghurt en voeg by.
Meng gesifte meel en sout in. Meng deur en gooi in gesmeerde pan.
Bak 35 – 40 minute, laat 10 minute afkoel, gooi sous oor, wag 5 minute keer uit
Sous
250 ml lemoensap
50 ml suurlemoensap
15 ml gerasperde lemoenskil
15 ml suurlemoenskil
125 ml suiker
Meng alles in kastrol en bring tot kookpunt.
Kook 5 minute vinning, roer goed.
Giet oor koek wanneer uit die oond kom.
VARIASIES
Jy kan 15 ml brandewyn by sous inroer na dit van stoof verwyder is, dit gee feestelike geurtjie aan koek. Die geel kleursel gee die unieke kleur.
Hierdie koek werk net so lekker sonder sous, maak dan versiersuiker met lemoensap aan, 5 ml geel kleursel, bietjie botter, klits tot lig. Versier en gooi eksta vars skil oor.
As jy gelukkig genoeg is om citrusblomme in jou tuin te he, pluk vars met paar blare, was goed af en gebruik bo-op koek as garnering, Dit lyk pragtig vars en ruik hemels.
ENJOY!
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter

