LEKKER BROS AARTAPPEL SKYFIES

chips

 Ons het een aand n program gekyk en ek dink dit was Ina Paarman (praat onder korreksie) wat daarop was. Toe hulle haar vra hoe mens lekker aartappel- skyfies maak se sy, sy was net die aartappels, sny dit skil en al in skyfies, rol dit in aartappelmeel en bak dit dan in warm olie. Die skyfies is glad nie vetterig nie en lekker bros en heerlik. Ons is almal mal daaroor.

Rina Breet