KRUMMELPAP VERRASSING

2013-07-01-krummelpapverrassingtested

KRUMMELPAP VERRASSING
4 koppie gaar krummelpap
500 ml bruinbroodkrummels
5 ml sout
250 g botter
2 pakkies spek
500 ml melk
8 eiers, geskei
285 g blik geroomde sampioene
2 pakkies gesnipperde sampioene
500 ml cheddarkaas gerasper
170 g blikkie ingedampte melk

Voorverhitdie oond tot 180°C en smeer oondskottel. Meng pap en krummels, sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai spek bros en krummel dit Voeg by pap. Klits melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350 ml kaas by mengsel. Skep in oondskottel uit en bak vir ongeveer 1 uur. Sprinkel res van kaas oor en gooi ingedampte melk oor. Plaas terug in oond vir 5-10 min. Bedien warm met braaivleis.

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis