KORSLOSE TUNATERT MET STYF GEKLITSTE EIERWITTE

korslose tunatert

KORSLOSE TUNATERT MET STYF GEKLITSTE EIERWITTE
Sommer vir die aand gemaak, maar is dubbeld aangemaak, ‘n blikkie tuna is maar min, die bak ook nie te vreeslik groot nie, net iets ander weer vanaand saam dit maak om te eet

1 ½ koppie melk
2 eetlepels Maizena of meel, ek Maizena gebruik
2 eetlepels botter
sout en peper
Maak aan soos witsous, ek klits aanmekaar in die pot terwyl ek die witsous gaarmaak om klonte te vermy.

1 koppie gerasperde kaas
2 eiergele
2 eierwitte, styf geklits
1 blikkie tuna, gevlok
1 gerasperde ui
Meng alles, voeg witsous by en meng.
Vou styfgeklitste eierwitte by.
Giet in gesmeerde terbak.
Rasper nog kaas bo oor.
Bak 35 minute by 180°C.

Foto en resep gepos deur Marie Rheeder Troskie