KOFFIE KOEKIES

koffie koekiestested
BESTANDELE
190 ml (3/4 k) botter of margarien
190 ml (3/4 k) suiker
125 ml (1/2 k) gouestroop
5 ml (1 t) koeksoda opgelos in 100 ml (2/5 k) melk
15 ml (1 e) koffie-ekstrak
2, 5 ml (1/2 t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1, 5 liter (6 k) koekmeelblom

Koffieroomvulsel
250 ml (1 k) suiker
125 ml (1/2 k) botter of msrgarien
100 ml (2/5 k) melk
15 ml (1 e) koffie ekstrak
5 ml (1 t) vanieljegrursel

Voorverhit die oond tot 180 C (350 F).
Klits botter en suiker goed saam.
Voeg stroop by en klits weer goed. Voeg ook soda-en-melk-oplossing by en meng goed.
Voeg koffie-ekstrak, sout en geursel by.
Voeg koekmeelblom alles gelyktydig by en knie baie goed. Dit moet n stywe deeg wees.
Rol deeg dun uit en sny met n deegwieletjie of mes in lang vingertjies. Bak 5-8 minute lank.
Maak intussen die vulsel: plaas al die vulselbestandele in n emaljekastrol en kook 5 minute lank. Haal van stoof af en klop met n houtlepel tot dit dik is.
Plak koekies twee-twee opmekaar met koffieroomvulsel tussenin.
Wilma Scheepers Gonzalez

NOTA: Gebruik die volgende vulsel, ons het nie baie sukses met die bogenoemde een gehad nie
COFFEE BISCUIT FILLING: 1/4 pakkie stork margarien,1/2 kop suiker, 3 tablespoons milk, 1en 1/2 teaspoons coffee essense,1/2 teaspoon vanilla essense; mix everything together in a saucepan and stir over moderate heat until sugar has dissolved. boil for 5 minutes. remove from heat and beat with a wooden spoon until creamy
Riana Du Plessis