KARRINGMELKBESKUIT MET EIERS

karringmelkbeskuit marie
KARRINGMELKBESKUIT MET EIERS
1,5 kg bruismeel ek vat een groot en ‘n klein pakkie
2 teelepel sout
2 koppies suiker
500 g botter
500 ml karringmelk
3 geklitste eiers

Meng al die droë bestanddele goed deur, smelt die botter, voeg karringmelk by en klits, voeg dan die eiers by. Meng alles saam tot ‘n ferm deeg, bak en droog uit op 180°C tot gaar so plus minus ‘n driekwart uur, toets met mes. Dit kan ook in bolletjies gerol en in ons boere beskuitpanne gebak word indien so verkies, maar onthou dit rys nie hoog nie.

Resep en foto:  Marie Rheeder Troskie