KARAMEL KONDENSMELK KAASKOEK


KARAMEL KONDENSMELK KAASKOEK
Kors:
2 x2 00 g pakkies klapperkoekies
160 ml gesmelte botter
Voorverhit oond tot 160ºC en smeer ‘n losboomkoekpan van 26cm met botter. Verwerk klapperkoekies in ‘n voedselverwerker tot fyn en voeg gesmelte botter by. Pols tot krummels aanmekaar begin kleef. Druk krummelmengsel op boom en teen kante van die koekpan vas. Verkoel tot benodig.

Vulsel:
2 x 230 g houers geroomde maaskaas
250 ml suurroom
1 x 397 g blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
4 eiers –geklits
½ blik (190 g) karamelkondensmelk
3 blokkies (sowat 40g ) fudge

Klits geroomde maaskaas, suurroom, kondensmelk en suurlemoensap saam tot glad. Voeg die eiers by en klits deur. Giet mengsel versigtig in voorbereide krummelkors. Skep teelepelsvol van die karamelkondensmelk in die kaaskoekmengsel en maak seker jy versprei dit egalig. (Van die karamelkondensmelk sal afsak tot onder en van dit sal in die middle van die beslag bly as die koek bak).
Krummel fudge baie fyn en sprinkel oor kaaskoekmengsel. Bak vir 1 uur tot ferm. Skakel oond af, maak oonddeur oop en laat kaaskoek in oond afkoel tot kamertemperatuur.

Foto: Malie Louw