KANEEL EN SUIKER-KOEK

2013-07-28-kaneelensuikerkoek
KANEEL EN SUIKER-KOEK

5 ekstra groot eiers, geskei
187 ml strooisuiker
10 ml suurlemoensap
250 ml koekmeel
knypie fyn kaneel
knypie sout
Afronding:
bietjıe versiersuiker

Stel oond op 160°C.

Klıts eierwitte met elektriese klitser tot styf.
Klits ongeveer helfte van strooisuiker en suurlemoensap by tot dik.
Klıts eiergele en oorblywende strooisuiker tot liggeel.
Vou eierwitte by eiergele in.
Sif meel, kaneel, sout bo-oor eiermengsel en vou in.
Voer bodem van tuitvormige koekpan met 24 cm-deursnee met bakpapier.
Moenie kante smeer nie.
Skep beslag in koekpan en bak vir 60 minute. Moenie koek te lank bak nie anders word dit droog.
Laat bietjie in koekpan afkoel. Keer koek versigtig op afkoelrakkie uit.
Sif versiersuiker bo-oor koek.

Foto en resep geplaas deur Adriaan du Preez