KAAS EN MARMITE TERT


KAAS EN MARMITE TERT
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
125 ml melk
1 ½ eetlepel botter
2 groot eiers
125 ml suiker
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Sous:
2 hoog vol eetlepels margarien of botter
2 eetlepels Marmite

Verhit die melk en botter.
Klits die eiers en suiker saam.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam,
Vou meelmengsel in eiermengsel en roer melk en botter mengsel by.
Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 minute tot gaar.
Sous:
Smelt die margarien/botter en Marmite saam in ‘n mikrogolf oond.
Giet die sous bo-oor sodra die tert uit oond kom
Sprinkel fyn gerasperde kaas bo-oor solank tert nog warm is.
Bedien dadelik.
Foto:  Wayne Dugmore