JACO SE PERFEKTE ITALIAN LEMON MERINGUE


JACO SE PERFEKTE ITALIAN LEMON MERINGUE
SUURLEMOENVULSEL
2 blikkies kondensmelk
125 ml suurlemoen sap
125 ml kook water
2 suurlemoene se skille
4 eier gele
knippie sout
Meng al die bestanddele goed saam. Gooi dit oor ‘n koue kors en bak vir 20 min teen 170 ºC.
ITALIAANSE MERINGUE
1 en ‘n 1/2 koppie suiker (ek gebruik strooi suiker)
1/2 koppie water
8 eierwitte
In ‘n sous potjie (swaar bodem)
kook die suiker in die water terwyl jy dit roer totdat die suiker opgelos is. Dan sonder om dit verder te roer laat dit kom tot by kook punt. Sal lyk soos sagte borreltjies bo op. Haal af van hitte af. Gebruik middel matige hitte. Nie hoog nie.
In ‘n klitser gebruik 8 eierwitte en begin klits teen medium spoed en voeg stadig 1/2 koppie suiker by. Klits totdat eier witte sagte toppe het. Nie styf nie.
Kook weer die suiker/water tot by kook punt en vat dan die warm stroop en terwyl die klitser medium spoed klits laat loop die stroop in die eier wit in. Klits dan teen ‘n hoe spoed en maak seker dat die toppe baie styf is. Klits dan teen ‘n medium spoed terwyl die witte afkoel.
Belangrike ding van die meringue is hy moet redelik koel wees as jy dit opsit, maar ook baie styf.
Sif twee teelepels mieliemeelblom (maizena) bo oor die vulsel. Dit bind die meringue met die vulsel. Wanneer ons die meringue opsit begin ons eers aan die buite kante en dan die binne kant. Hy lyk van nature mooi en maak sy eie punte. Moet nie aan hom peuter as hy op is nie. Hy set in homself en dit is wat van hom ‘n soliede meringue maak. Bak saam met die vulsel vir 20 tot 25 min. Haal uit wanneer jy tevrede is met die kleur. Belangrik is dat ek die oond deur net op ‘n skrefie oopmaak na die 20 min sodat die meringue heeltemal in die oond afkoel. Dan eers yskas toe, anders vorm die hitte en skielike koue traantjies suiker oral oor.
RESEP EN FOTO: Jaco Bester