HOENDER EN SPINASIE GEBAK

Hoender en spinasie gereg
HOENDER EN SPINASIE GEBAK

4 Hoenderborsies vel en vet verwyder in blokkies gesny
1 groot ui gekap
halwe bakkie sampioene gekap
1 knoffel vingertjie gekap
1 pak spinasie skoon en reg vir gebruik
300ml room
1 pakkie sampioensop poeier
fyn naeltjies en kruie na smaak
Feta kaas of kaas van jou keuse

Braai die ui in bietjie olie gooi die knoffel by en braai rukkie, sit jou hoenderstukkies by en braai tot net lekker gekleur, gooi die sampione by, roer deur en sit die deksel op stowe vir so 5 min.
Gooi bietjie fyn naeltjies en kruie by na smaak, nie sout nie want die soppoeier is sout genoeg.
Gooi ooor die spinasie dat hulle lekker verlep.
Pak die spinasie onder in ‘n oond bak, gooi so helfte van die sop poeier oor die spinasie, sit die vleis mengsel bo-op, gooi die res van die soppoeier oor die vleismengsel,
gooi die houertjies room bo-or en sit in die oond teen 180grade vir ongeveer 45min.
Gooi nou die kaas bo-oor en sit terug in die oond vir die kaas om te smelt.
Bedien saam met rys en ‘n lekker slaai

Rina Kleinhans – eie resep.