HEERLIKE SOSATIESOUS

vark sosaties - floraine
HEERLIKE SOSATIESOUS

Ek maak altyd ‘n sosatiesous, dit gee ‘n heerlike smaak aan die tjops.
2 eetlepels kerrie
1 – 2 eetlepels bruinsuiker
peper en sout na smaak
2 koppie asyn (ek gebruik bruin druiwe asyn)
1 koppie water
1 – 2 eetlepels maizena
3 fyngesnyde uie
2 – 3 eetlepels botter
6 fyn gesnyde lemoenblare

Meng suiker, sout, peper, asyn en water, asook lemoenblare. Braai uie in botter en sprinkel kerrie daaroor.
Voeg die vloeibaremengsel by die gebraaide uie en kerrie.
Verdik met bietjie maizena. Haal af van hitte en laat afkoel.
Meng goed en plaas die tjops daarin.
Laat 24 – 36 uur in hierdie sousmengsel (As jy sosaties wil maak, laat die blokkies lamsboudvleis en blokkies stertvet/spek in die sous lê.)
Ryg dit na die marineertydperk op stokkies wat ‘n dag lank in water gelê het, en braai dit).
Geniet dit!
(Sosaties MOENIE met swak vleis gemaak word nie. Mens moet goeie gehalte vleis gebruik!)
Resep en foto:  Retha-Jane Duvenhage Buys