GIDEON SE LEKKER LASAGNE

GIDEON SE LEKKER LASAGNE
Maak ongeveer 800 g maalvleis gaar volgens jou smaak.
Ek voeg ook 1x 410 g blikkie tamatie en uiemengsel by.
Asook ‘n pakkie vars sampioene.
Pietersielie, sout, peper en ‘n bietjie suiker.
Kook spinasie-lintnoedels en hou eenkant.
Maak witsous met 1 liter melk, 125 g botter en 3 hoogvol eetlepels meel.
Voeg bietjie sout en peper by.
En 1 koppie gerasperde kaas.
Pak nou eers ‘n laag noedels, dan ‘n lagie maalvleis, dan witsous. Herhaal en eindig met witsous. Bak vir ongeveer ‘n uur by 180°C en strooi gerasperde kaas oor wanneer dit uit die oond kom.
RESEP: Gideon Louw